Vakansietyd | Vacation time

R300.00

In stock

Datum (Date): 12 Oktober 2019
Plek (Venue): Bsorah Luxury Tented Camp, Broederstroom
(GPS: S 25° 50′ 21.7 E 027° 46′ 47.3)
Tyd (Time): 08:30 vir 09:00-16:00
Tema (Theme): Vakansietyd | Vacation time

Middagete word ingesluit  (Lunch is included)

In stock

Category:

Description

Ons sprekers:

Magteld Arnold

Ons as vrouens salueer mekaar woordloos.  Vakansietyd is in sig.  Ons gedeelde afwagting en verwagtinge oor vakansie vooruitsigte word vanuit beidekante beskou.

Die smagting na oopmond lag word gedeel en tereg soos Ingrid Jonker sou sê:  “ Jou lag is ‘n oopgebreekte granaat – lag weer luidkeels!”.

Magteld verwys na die volgende fokuspunte tydens die sessie:

  • Van poegaailyf tot vonkelvrou
  • Stilstaantyd – dankie sê tyd!
  • Word wakker uit jou groef en stryk die kreukels van jou siel
  • Wanneer die put opdroog besef ek en jy die waarde van water

Mari-Louise Durr

Vakansietyd is ‘n wonderlike tyd van samekoms vir die hele gesin, vriende en familie! Alledaagse probleme kan wel ‘n heerlike vakansie in die wiele ry.

Mari-Louise Durr gaan tydens hierdie seminaar praktiese gebruike van essensiële olies deel om te help met:
Slaaptyd
Jou huis ‘n heerlike geur te gee
Oulike essensiële olie geskenke idees

Annelien Pienaar

Die wonderlikste tyd van die jaar, maar ook die tyd wat mens maar die beursie moet styf toe maak as dit kom by geskenke en feestyd etes. Ek gaan jou help om deel te hê in my jaarlikse Geskenke uit jou Koskas reeks en sodoende te help om die geliefdes in jou lewe heerlik te bederf op ‘n kreatiewe en ekonomiese Twist.

  • Gegeurde soute en droging van kruie en speserye om ‘n heerlike Dukkah en Masala te maak.
  • Bêre mengsel vir plaatkoekies, sout muffins, wafels en vele meer…
  • Idees vir ‘n Feestelike tafel, tafel versierings en kers spyskaart
ENGLISH