Die Gesin | Family

R300.00

In stock

Datum (Date): 3 Augustus (August) 2019
Plek (Venue): Makojalo Venue and Guesthouse, Potchefstroom
Tyd (Time): 08:30 vir 09:00-16:00
Tema (Theme): Die Gesin (Family)

Middagete word ingesluit  (Lunch is included)

In stock

Category:

Description

Ons sprekers:

Magteld Arnold

C J Langenhoven het dit so raakgevat:  “Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak, die liefde wat ek gegee het en die liefde wat ek gekry het”.

Die gesin as Godgegewe struktuur word vanuit biedekante beskou.  Magteld fokus op die volgende aspekte binne die konteks van die gesin:

  • Die gesin :  Oefenveld of oorlogsveld?
  • Wie bring die nektar?
  • Die waarde van koelte is die warm son rondom hom
  • Saamstaan-studie-simfonie…

Mari-Louise Durr

Vir elke lid van die gesin – oud of jonk – is daar ‘n essensiële olie wat gebruik kan word!

Tydens hierdie seminaar kyk ons graag na essensiële olies vir:
Hulp met konsentrasie
Simptomatiese verligting tydens siekte
Algemene veiligheidswenke vir essensiële olie gebruike

Annelien Pienaar

My doelwit vir elke persoon wat die seminaar bywoon is om die gesin rondom die tafel te trek en saam as gesin te beplan vir etes. Jy moet met ‘n plan van aksie vorendag kom sodat jy al die negatiewe pyle kan afweer van diegene wat dalk speke in die wiele wil steek. Ons bou voort op die praatjie van die Rol van die vrou en neem dan spyskaart beplanning ‘n stappie verder en voorsien aan jou ‘n inkopie lys met gesonde bestanddele om van te kies.

Roetine is ‘n klein woordjie met ‘n magtige implikasie…sonder roetine is daar chaos. As ma was ‘n stywe roetine, outomatiese dissipline. Jare later toe ek in die hospitaal land weer met premature kraam het my man een aand met besoektyd genoem dat dit sy “`Saving Grace” was. Die oudste kind het vir manlief die pas aangegee van wanneer wat moet gebeur. Dit alles saam kweek ‘n gevoel van sekuriteit by jou gesin en eetprobleme is minder.

  • Spykaart beplanning
  • Inkopie lys
  • Hoe om die gesin te beloon
ENGLISH