Detox Dinamika

R300.00

In stock

Datum (Date): 7 Maart 2020
Plek (Venue): Makojalo, Potchefstroom
Tyd (Time): 08:30 vir 09:00-16:00
Tema (Theme): Detox Dinamika

Middagete word ingesluit  (Lunch is included)

In stock

Category:

Description

Ons sprekers:

Magteld Arnold

Tydens hierdie seminaar bekyk ons “Detox Dinamika” vanuit #Beidekante.

Skoon is sinoniem met die woorde mooi, bekoorlik, aanneemlik en heilsaam wat presies aansluit met die definisie van dié woord detox:  “vry van vuil, ongesuurd, onbesmet, vry van voorwerpe, vreemde aangeleenthede en vry van besoedeling…”.  Kom ons pak die reis aan deur na die volgende konsepte te verwys:

  • Troebelwater
  • Die onkruidslaai
  • Die gedagteproe-toets
  • Goed deurgekyk
  • Skoon, skoner, skoonste
  • Skoonveld, skoonskip & skoonskrif met damesdinamiek!
  • Beklee, vernuwe, verander, kies & omgord

Mari-Louise Durr

“Detoks” – die woord op almal se lippe! Maar HOE “detoks” ek dan nou, en wat beteken hierdie woord vir my persoonlik? Ek nooi julle graag uit om saam met ons by “Beidekante” ‘n dag te kom geniet propvol informasie van onder andere essensiële olies, en hulle waarde om jou te help detoks!! Ons fokus is om liggaam, siel en gees te bedien, want elke deeltjie is baie belangrik. Kom leer saam hoe om ń essensiële olie-detoks bad te neem, om te ontspan in ‘n lieflike warm aroma….. Ek deel ook graag die waarde van essensiële olies om jou brein op te kikker, sodat hierdie belangrike orgaan van jou optimaal kan funksioneer! Kom geniet hier, saam met “Beidekante”, die heilsame aroma’s van detoks!!

Annelien Pienaar

Hoekom is dit nodig om ons liggame te ontgif? Die lewer en niere is die grootste filters in ons liggame en as ons daardie filters nie gereeld skoon maak, sal dit soos ‘n voertuig se brandstof en olie filters probleme begin gee totdat die motor se enjin uitbrand. Jou liggaam is die voertuig wat jou deur die lewe moet kry. Gaan dit ‘n goed geoliede lewe wees van konstante energie, vorentoe beweeg sonder stampe en stote of gaan dit ‘n lewe van baie dokters besoeke wees? Punt is ons liggame is die tempel van God en dit is ons verantwoordelikheid om ons liggame en die van ons gesinslede verantwoordelik te bestuur.

Met my praatjie en demonstrasie van geregte en spyskaart idees om jou gesin se begroting te pas, gaan ek poog om jou te oortuig om weer soos ons voorouers te leef: vars en ongeprosesseerd. Ek kyk na kortpad en sakpas idees om jou met nuwe ywer en krag toe te rus om ‘n verskil in jou gesin se eetgewoontes en deelname in die kombuis te weeg te bring.

Saam gaan ons 2020 aanpak met ywer om ons koskaste uit te pak en dit ook sommer ‘n detox te gee en orde te skep. Jou liggaam gaan verseker beter voel en jy gaan meer energie kry om die nuwe reis aan te pak.