Marista

ENGLISH

Marista de Vries het na skool betrokke geraak by TICS (Teens In Christ Service), ‘n bediening wat die Woord van God deur middel van dans en drama uitdra aan jong mense. Tydens hierdie tyd het sy haar passie vir jongmense ontdek en het sy ook vir twee jaar die administrasie van hulle spanne help bestuur. Sy het in die drie jaar tydperk ervaar dat God haar roep om met jongmense te werk en hulle te help werk deur die trauma wat verborge in hulle lewens is. Met ‘n hart vir kinders, het sy daarna vir drie jaar as kleuterskool onderwyseres in Potchefstroom gewerk, terwyl sy beradings opleiding ontvang het by Ellel bediening, asook pastorale berading opleiding by NG Moreletapark. In die tyd het sy ook Bybelstudie lessies aangebied vir kinders om te help dat hulle fondasie sterk staan op die Woord van God. Elke oomblik van kontak met hierdie jong kinders was vir haar wonderlik en het haar passie vir hulp van ander gegroei.

Toe die geleentheid kom om die wêreld te sien, het sy haar tasse gepak en vir drie jaar as ‘n Persoonlike Assistent vir Hebrew People Ministries gewerk in Israel, Europa en Suid-Afrika. Sy het ook hulp verskaf met die bediening se administratiewe werk terwyl hulle op toer was in Europa en Suid-Afrika. In Israel het sy haar liefde vir kos maak gevind, waar sy graag gehelp het etes voorberei vir die gaste en gehelp het om die gastehuis in stand te hou.

Tans is sy besig met haar studies in kunsterapie – ‘n vorm van berading wat help om trauma en moeilike lewens situasies te oorkom deur die oefen van kunste in ‘n ontspanne omgewing. Sy beoog om binnekort te begin praktiseer as ‘n kuns terapeut. Sy werk ook deeltyds as Aupair, waar sy haar natuurlike gawe om met kinders en jong mense te werk, verder uitleef.

Marista de Vries