Mari-Louise

ENGLISH

Op 22-jarige ouderdom, het Mari-Louise Dürr in die finale jaar van haar B.Cur. studies, getrou met die man van haar drome, Predan Dürr. Wat hulle nie besef het nie, was dat die pad wat hulle saam sou stap reeds haarfyn deur God beplan was… Na amper ‘n jaar van getroude lewe, was hulle gevul met blydskap oor die aankoms van hulle eersteling, maar die blydskap was ongelukkig kort lewend. Net daarna het hulle onverwagse stryd met haar man se breinkanker begin. Hulle lewens het drasties verander met ‘n pasgebore baba en die konstante simptome van die breinkanker waarteen hulle moes baklei het dag en nag.

Tydens hierdie uitdagings het hulle keer op keer kon getuig van God se hand wat hulle gelei het na die regte hulp vir haar man. Mari-Louise het al haar tyd in die laatnag-ure spandeer aan navorsing oor komplementêre middele wat gebruik kon word om haar man se lyding te verlig. Dit is tydens hierdie soektog dat sy die “goue druppel” van essensiële olies ontdek het. Essensiële olies is die ekstrakte vanuit plante nadat die plante deur ‘n proses van distillasie gegaan het. Aanvanklik was essensiële olies eers vir haar soos ʼn “wondermiddel” toe  hulle ontdek hoe effektief dit is in die verligting van haar man se kwaai hoofpyne  –  dit was werklik te goed om te glo! Die olies was daar gelaat, en eers in die laaste paar maande voor sy dood, het haar kennis gegroei van essensiële olies en die wonder daarvan op ‘n pad van simptoom verligting.

In hierdie laaste paar maande het hulle keer op keer die olies gebruik om erge simptome vir haar man te verlig. Na haar man se afsterwe en ‘n tyd van rou, het sy haar meesters graad voltooi met die onderwerp: “The use of essential oils in relieving symptoms specific to brain malignancies: A systematic review”. Vanuit hierdie studie het sy baie waardevolle kennis opgedoen om haarself en ander te kan help om met die gebruik van essensiële olies die simptome van siekte toestande te verlig.

Die essensiële olies is nou daagliks deel van haar en haar familie se lewens. Sy is konstant besig om nuwe wondere te leer van hierdie kosbare druppels olie en wil graag hierdie kennis met ander deel. Sy bring ook hoop orals waar sy gaan vir ander dat daar wel genesing kan wees na die afsterwe van ‘n geliefde. Haar passie vir lewe in oorvloed leef voort in haar huidige ondersteuning van ander mense om hulle te leer vanuit haar eie stryd om liggaam, siel en gees te genees en sodoende by volkome genesing te kan uitkom. Sy glo vas God se uiteindelike plan in alles is genesing van die totale mens – genesing in liggaam, siel en gees!

Mari-Louise Durr