Annelien

ENGLISH

My eerste bewustheid van gesond leef en om te oorleef, was met die diagnose van diabetes by my jongste sussie, op die ouderdom van 3 jaartjies oud. Dit het ons as gesin se lewens binne ure drasties verander.

Tot op hede het ek ‘n passie vir spesiale diete en hoe om ‘n gesin te versorg met gesonde eet gewoontes. Ek het my studie rigting gekies juis oor hierdie redes…om ‘n Voedsel Wetenskaplike en –tegnoloog te word om gesonde kos te berei en ook om te verstaan wat in die menslike liggaam gebeur. Ek het jare as Voedsel en Voeding dosent gepraktiseer en daarna my eie kook skool begin. As ma van drie Filistyne wat letterlik dekades uit mekaar gebore is, word ek met elke ete getoets want nie een van die kinders se persoonlikhede en voorkeure stem ooreen.

‘n Besige lewe maak dit ook nie maklik en elke lid van my gesin moet versorg word sodoende hul gesond te hou en ook konsentrasie vlakke te handhaaf deur die dag. Waar begin mens? Deur saam om ‘n tafel te sit, hande te vat en saam huisgodsdiens te doen. Saam as gesin etes te beplan en ook takies uit te deel soos slaai maak, tafel dek en opruim. Span werk is die klem hier en so speel speel word bande versterk en kommunikasie vloei.

Annelien Pienaar