Welkom in die Beidekante familie.
Hier dien ons met hart, siel en gees onder leiding van ons Skepper. Die By en die Lelie is deel van ons logo en versinnebeeld samewerking en eenheid. Sonder die blom kan daar nie nektar wees vir heuning en die by se voort bestaan…sonder die by kan die lelie nie voortplant. Die twee het mekaar dus nodig in Beidekante van die lewensfeer om waarlik te kan voort leef. So het ons mekaar nodig om met hart, siel en gees te onderskraag, te leer en motiveer.


Hoe kan Beidekante jou help?
Beidekante is hier om jou te help om jou rol as vrou te definieer in alle aspekte van die lewe. Miskien as ‘n enkellopende, dalk getroud, dalk verloof, ‘n ouma, tannie hoe dit ook al sy, jy word iewers benodig en dien net soos JY dit kan doen. Soms verloor ‘n vrou haar voetwerk deur ‘n lewe wat jou soos ‘n stormwater rivier meesleur en dan raak jy moeg en bedruk. Jy raak fisiek en emosioneel siek van alle dinge wat buite in die wereld gebeur en dan val jy…
Ons is hier om jou as ‘n groep vroue wat Beidekante van die lewe al beleef het…die swaar en die mooi, vir jou te sê: “Neem ons hand en laat ons help”.

Wie is ons?

Magteld Arnold
Ons dien ‘n wonderlike en liefdevolle God. Ons begin eers by Hom. Daarna kyk ons na jou hart en daar kom Magteld Arnold as Lewensafrigter in. Met haar kennis en studies kan sy jou ‘n veilige plekkie gee om jou te help om weer koers te kry oor wat jou rol is en die verwagtinge rondom jou gegewe rol. Deur Lewensafrigting word daar aan jou die geleentheid gebied om begelei te word na jou soeke na selfidentiteit en unieke Skeppingsdoel.

Mari-Louise Durr
Mari-Louise Durr kyk na die helende werking van Essensiele olies. Vanaf die Bybelse tyd het ons al gelees van kruie en olies en daarom is ons so bevoorreg om onsself gesonder te kan maak met hierdie olies…van pyn deur tot positiewe gedagtes. Kom ontdek saam met ons ‘n nuwe geur ter ondersteuning van jou liggaam op die pad na gesondheid.

Annelien Pienaar
Annelien Pienaar leer jou om na jou liggaam om te sien deur gesonde etes, praktiese raad en die gesin weer rondom die etenstafel te kry. Jy word geleer om weg te beweeg van preserveermiddels en alle middels wat nie natuurlik in voedsel voorkom en leer jou om beter te beplan sodat jy in jou en ook jou gesin se gesondheid te belê. As Voedsel Wetenskaplike en –konsultant rus Annelien Pienaar jou toe met kundige wenke en raad om jou gesin te kan dien.